Waarom is Rekeningkunde as n vak so belangrik vandag ?

Wat is Rekeningkunde en wat is die Doelwit ?

Die doel van Rekeningkunde is om die ware basiese beginsels van rekeningkunde te beklemtoon . Waarom die klem op ware ? Dit is weens die verskeie formules, reëls, resepte, ens. wat in die aanvangsonderrig van rekeningkunde gebruik word . Hulle rig baie skade aan , aangesien leerders nie gelei word om te ontdek , redeneer en verstaan nie , maar hulle word geleer of gedril om te doen . Leerders word nie gelei om die hoekom (redes waarom sekere dinge gedoen word) te ontdek nie – hulle word die wat-om-te-doen geleer , ongeag of hulle dit verstaan of nie .

Rekeningkunde is verstaan vak en nie n leer vak nie , as jy dit nie verstaan nie , gaan jy dit nie kan leer nie .

Alles wat in rekeningkunde gedoen word , is die resultaat van die invloed wat transaksies het op een, twee of al drie van die elemente van die basiese rekeningkundige vergelyking .

 

Dit is noodsaaklik om leerders bewus te maak van hoe belangrik Rekeningkunde en die relevante toepassing daarvan is in hedendaagse loopbaankeuses waarin entrepreneuriese vaardighede juis so betekenisvol is . Daar moet ernstig gepoog word om ’n belangstelling en passie vir hierdie vak in elke leerder aan te wakker . Elke leerder se individuele talente en vermoëns moet in ag geneem word sodat hierdie belangstelling in elkeen ontwikkel kan word tot sy of haar volle potensiaal . En hier is waar ons as ‘’Aanlyn Klaskamer’’ intree , om die basisese beginsels van rekekeningkunde te vereenvoudig en oor te dra “Te leer’’ in a manier wat elke leerling kan verstaan en te verbeter .

You cannot copy content of this page